Hier word hout omskep in pentominoes, tangrams, legkaarte en ander enigmas...
TUIS BLADSYOp hierdie bladsy verskyn voorbeelde van pentominos, tangrams, legkaarte en ander enigmas wat van 'n verskeidenheid tipes hout gemaak word.
Aan die linkerkant van die bladsy is skakels wat gevolg kan word met interessante inligting aangaande die enigmas en legkaarte op hiedie bladsy.
Vir navrae, terugvoer of kommentaar gaan assseblief na die KONTAK bladsy en stuur 'n e-pos.
Voorbeelde
Pentominoes

Pentomino blokkies is gemaak van 18mm dennehout en geverf met akrielverf.
Die kassie met deksel is gemaak van 18mm dennehout en 6mm MDF (Supawood) en gekleur met 'n donker houtkleursel/verseëlaar.
Prys: R180

Pentomino blokkies is gemaak van 18mm dennehout en gekleur met akrielverf.
Die kassie met deksel is gemaak van 18mm dennehout en 6mm MDF in natuurlike kleur en afgewerk met 'n vernis.
Prys: R180

Pentomino blokkies is gemaak van 18mm dennehout in natuurlike kleur.
Die kassie met deksel is gemaak van 18mm dennehout en 6mm MDF in natuurlike kleur en afgewerk met 'n vernis.
Prys: R180

Reuse pentominostel in 'n abstrakte visvorm is gemaak van 32mm bekelaaghout (birch ply wood) in natuurlike kleur. Die afmetings van die kassie is ongeveer 402mm van neus tot stert en 319mm tussen die 2 vinne. Die kassie het nie 'n deksel nie.
Hierdie blokke is lekker groot en kan soos boublokke opmekaar gestapel word.
Prys: R500
Tangram

Hierdie tangram is gemaak van 9mm bekelaaghout.
Kassie (geen deksel) gemaak van bekelaaghout en MDF.
Afgewerk met akrielverf en akrielvernis.
Die afmetings van die kassie is ongeveer 136x136x15mm.
Legkaarte

Lam
Legkaart gemaak van 9mm bekelaaghout en bestaan uit 8 blokkies.
Kassie (geen deksel) gemaak van bekelaaghout en MDF.
Geverf met akrielverf en akrielvernis.
Die afmetings van die kassie is ongeveer 223x225x15mm.

Slakkie
Legkaart gemaak van 21mm dennehout en bestaan uit 6 blokkies.
Geverf met akrielverf en akrielvernis.
Hierdie legkaart kom nie in 'n kassie nie.
Afmetings oor die wydste gedeeltes is ongeveer 165x107x21mm.
Valsbaai Skeppings